Volksmoord – Oorweldigende Slagting in Staatshospitale a.g.v nalatigheid, onbevoegdheid, korrupsie, ens… ens…


Die gevalle en artikels is so oorweldigend dat ons nie genoeg tyd het om alles te noem nie. Ons het ‘n paar insidente uit die massa gevalle geneem.

Die haglike toestande en swak diens in staats hospitale:

Dis nie nuut nie, toestande in Staats hospitale en klinieke het in die laaste 20 jaar van sleg na slegter na pateties gegaan…

Vaders sus sterwende kinders , terwyl die hospitaal personeel ” te besig is om suurstof te administreer ,” moeders wat geboorte skenk aan dooie babas en mense vertel om kruiwaens te gebruik om by die hospitaal te kry .

Artikel 1

In 2014 het net een van die 394 staatshospitale wat deur die departement van gesondheid geouditeer is, aanvaarbare standaarde behaal vir netheid, infeksiebeheer, medisynevoorraad, die houding van personeel, die veiligheid van pasiënte en wagtydperke.

Die Witrand- psigiatriese hospitaal in Potchefstroom was al een uit al 3 880 hospitale en klinieke van oor die land wat ’n skoon oudit gekry het.

Maroela Media

Artikel 2

Voorvalle soos dié waarby ‘n sekere mnr. Earl Harper betrokke was) blyk aan te dui dat swart hospitaalpersoneel vyandig teen oor blanke pasiënte is en hulle óf behandeling weier, óf behandeling vertraag, hetsy hulle op ‘n lukrake, onprofessionele manier behandel?

Praag

 

Die tipiese houding waar iemand skielik in ‘n magsposisie geplaas word heers veral as ‘n mens rekening hou met die feit dat swart vroue in hul gemeenskappe die ondergeskikte is, veroorsaak dat pasiënte ‘n mens kan sê op ‘n militaristiese manier behandel word waar die pasiënte soos ondergeskiktes behandel word sonder respek en empatie.

 

Artikel 3

 

  • Die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein is klaarblyklik in chaos gedompel met pasiënte wat op trollies en selfs op die vloer lê en wag vir noodoperasies terwyl ander summier huis toe gestuur word op bevel van die kliniese hoof.
  • ’n Ernstige tekort aan beddens en toerusting vir operasies sowel as ander toerusting en medikasie is van die belangrikste tekortkominge in die hospitaal.
  • ’n Anonieme dokter het gesê dat die wegstuur van pasiënte ’n onding is wat latere eise teen die hospitaal teweeg kan bring.
  • Pasiënte word glo in ’n “wagkamer” gehuisves as daar nie genoeg beddens is nie. Die wagkamer is glo bedoel om sowat 40 pasiënte te akkommodeer wat almal wag op ’n operasie wat gedoen moet word.
  • Een pasiënt moes dae lank op ’n trollie wag om geopereer te word, wat die familie genoodsaak het om haar na Pretoria te neem waar sy dadelik gehelp kon word. In die Pelonomi moes die familie selfs die pynpille voorsien wat die pasiënt benodig het omdat die hospitaal nie eers so iets in voorraad het nie.
  • ’n Ander geval is aangemeld van ’n werker wat reeds weke in die “wagkamer” lê om geopereer te word, maar niemand weet wanneer die operasie gedoen gaan word nie. Intussen moet die werkgewer die werker betaal terwyl hy geen werk kan lewer nie.

Die Vryburger

Ander klagtes

  • Beddegoed en linne lê in vuil hope rond
  • By die meeste van die staatshospitale moet pasiënte hul eie beddegoed en komberse saam neem.
  • Badkamers en toilette is vuil en onhigiënies die perfekte plek vir die uitbroei van dodelike kieme
  • Kroniese tekorte aan medikasie is ook die norm.
  • Verpleegpersoneel hanteer medikasie sonder die nodige chirurgiese handskoene, dieselfde houertjies word oor en oor gebruik om medikasie aan pasiënte te gee sonder om te dink dat kieme so oorgedra word van een mens na die ander.
  • Die geraas en geskree en gesels deur verpleeg personeel onder mekaar gedurende die nag is onuithoudbaar vir siek pasiënte.
  • Kos, vrugte en sappe bedoel vir pasiënte word deur die personeel ondermekaar verdeel en huistoe gedra.
  • “Moeilike” pasiënte word geviktimiseer en somtyds mishandel
  • In sommige van die hospitale is daar ‘n TV stel in die intensiewe sorg eenheid waar verpleegpersoneel luidrugtig by die ernstige siekes kuier na hulle hul saal rondtes inderhaas afgehandel het.
  • Pasiëte roep vir ure om hulp voor daar ongeduldig as hulle gelukkig is na hulle omgesien word.

Die afgryslike realiteit van staatshospitale

Bly weg van staatshospitale af! As jy kan

As jy jouself ‘n guns wil doen en self die chaos te ervaar gaan sit een aand in die ongevalle afdeling van een van die hospitale en jy sal ‘n lewende nagmerrie beleef;

  • Pasiënte sit en bloei hul self dood terwyl hulle wag om gehelp te word
  • Bloed word ni eers opgevee nie en jy moet maar om die bloed op die toon banke en vloer probeer loop uit die vrees dat jy dalk besmet sal word met die vigs virus of ander dergelike viruses en kieme
  • Bloeiende geskiete of gesteekte mense moet wag nes die res van pasiënte om as hulle nog lewend is behandeling te ontvang terwyl mens om bloed plasse en bebloede toon banke en stoele moet beweeg om te verhoed dat jy met die bloed in aanraking te kom uit vrees dat jy met vigs besmet kan word

Ons het almal al van die hoof opskrifte in koerante gesien

  • “n sterwende ma moes 8 ure wag voordat sy hulp kon kry
  • “n vrou skenk geboorte op die hospitaal se sypaadjie nadat sy deur die hospitaal weggewys is
  • Babas word in die hospitaal gange gebore een het homself doodgeval  op sy kop

Operasie lys ellelank vir noodoperasies

  • Hospitaal werksaam met minimum personeel

Kommentaar:

Ek loop op en af  deur die hospitaal se area vir opnames. Die banke is vol van mense vas aan die slaap , gehurk in komberse. Hulle wag vir toelating vir wanneer die afdeling môre oop maak sodat hulle ‘n voorsprong op die tou het . Hulle het al van vroeg die oggend gewag vir die hele dag . Hulle sal weer môre wag om mediese hulp te kry. Saam met die komberse het hulle ook kos en water gebring . Hulle is gewoond daaraan om te wag.

 

Nou vra ek wat gaan hierdie regering daaraan doen of gaan die land ook soos ander Afrika lande al hoe verder terug sak en vergaan?

Artikel 3

Wanbestuur vermoor mense

 

Die Vryheidsfront Plus het die hantering van die gesondheidskrisis in die Vrystaat deur die ANC en die wyse waarop hulle die debat oor die Departement van Gesondheid gister in die Vrystaatse Wetgewer benader het, ten sterkste veroordeel.

Die ANC-lede in die Wetgewer het ‘n bespotting en ‘n sirkus van die debat gemaak en ontken dat daar enigsins ‘n krisis in die Departement bestaan.

Die LUR het eerder gekies om lede van die opposisie persoonlik te beledig en hulle allerhande psigiatriese afwykings en ander siektes toe te skryf.

Dit is kommerwekkend dat die regerende party, die Wetgewer as instelling minag en nie ernstig debatteer oor ‘n kwessie so belangrik soos gesondheidsorg in die Vrystaat nie.

Die ANC gee voor asof die Departement van Gesondheid slegs klein uitdagings in die gesig staar en slegs ‘n paar golfies moet oorkom, terwyl die Departement onder administrasie geplaas is en op grondvlak daar ‘n totale krisis t.o.v. ‘n tekort aan medisyne, mediese toerusting en ander noodsaaklikhede bestaan. Die Departement is in finansiële chaos.

Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer, het tydens die debat gesê dat die wanadministrasie en veral finansiële wanbestuur van die Departement besig is om mense in die Vrystaat te vermoor. Wessels het ook gevra of die LPWs van die ANC van openbare hospitale gebruik maak en of hul eerder veilige, privaat hospitale besoek, terwyl die armes en weerloses in die Vrystaat geen ander keuse het as om openbare hospitale te besoek nie.

Die feit dat die ANC apartheid vir alles wat verkeerd is in die Vrystaat blameer, spreek van ‘n regering wat voeling met die werklikheid verloor het. Dit is onaanvaarbaar dat die ANC-regering nie die krisis erken en daadwerklik optree, eerder as om hande in die lig te gooi en apartheid vir die krisis te blameer nie.

Die ANC-regering in die Vrystaat is magsbehep, ignoreer alle reëls en prosedures en is besig met ‘n tirannie van die meerderheid, terwyl die mense van die Vrystaat ly.

Wouter Wessels, VF Plus

Artikel 4

‘n Ongesonde gesondheidstelsel kan meer kwaad as goed doen

2015-05-05

Adv Anton Alberts VF Plus

ʼn Gesondheidstelsel wat nie behoorlik funksioneer nie, doen meer kwaad as goed, en alhoewel die Eed van Hippocrates bepaal dat pasiënte in die eerste plek nie leed aangedoen moet word nie, beskou baie mense veral staatshospitale as plekke waarheen siekes bloot gaan om te sterf, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor gesondheid.

Adv. Alberts sê in Amerika word bereken dat meer mense in hospitale weens mediese wanpraktyke sterf as aan kanker. Daarom kan ʼn mens ‘net wonder’ wat dié verhouding in Suid-Afrikaanse hospitale is.

Hy sê daar is baie gevalle van mediese nalatigheid, in baie gevalle growwe nalatigheid en selfs opsetlikheid, waar pasiënte leed aangedoen is.

“Die hartseer is dat die gebrekkige ondersteunende stelsels wat hospitale en klinieke behoorlik moet laat funksioneer, soos elektrisiteit- en watervoorsiening, ook ʼn wesenlike rol speel in die sterftesyfer.

“Ek kan hier ʼn voorbeeld noem van ʼn man in Limpopo wie se vrou aan ventilators gekoppel was en wat gesterf het toe die krag afgegaan het.

“Ons versoek daarom in die lig van die huidige omstandighede dat die minister sekerheid gee oor die voorsiening van krag aan alle hospitale en klinieke as ʼn noodsaaklike basiese diens.

“Oor die regulering van medisyne kan geluister word na die wyse woorde van Nicholas Taleb wat gesê het: ‘Daar is ʼn element van bedrog in intervensie… dit is veel makliker om ʼn begrip te verkoop wat lui; ‘Kyk wat ek vir jou gedoen het’, as om te sê; ‘Kyk waarvan ek jou gered het…’.

“Daar moet gewis wyer na medisyne gekyk word en alle produkte wat ons nie volkome verstaan nie, mag nie sonder meer deur regulasie verbied word nie.

“Indien mense die vryheid het om medisyne volgens hulle keuse te gebruik, sal daar minder druk op die gesondheidstelsel wees en sal minder mense hospitaal toe gaan, en sal minder sterf weens mediese nalatigheid,” het adv. Alberts gesê.

Hy het ook gevra dat patentregte op medisyne en generiese produkte hersien moet word om ʼn balans te vind tussen bekostigbaarheid en die vermoë van die industrie om volhoubaar navorsing te doen om nuwe uitdagings wat voortdurend veranderende siektetoestande skep, die hoof te bied.

 VF Plus

 

Artikel 5

Vroeër die week –

Dit was een van die getuienisse by die Kommissie van Ondersoek na die gesondheid krisis in die Vrystaat, wat in Bloemfontein gehou is.

Die kommissie se doel is om ‘n stem te gee aan mense soos Vele Gadebe, van Harrismith. Sy swanger dogter is dood nadat sy nie veel hulp by die Thebe-hospitaal in die provinsie gekry het nie.

Betty Mabuza, van Welkom, het geboorte gegee aan ‘n dooie baba.

Die fetus het ‘n maand voor die volle termyn gesterf , maar niemand by die Tsepeng Clinic het dit agtergekom nie, selfs al het Mabuza tydens besoeke aan die kliniek van pyne gekla.

Sy moes deur die trauma van die geboorte van ‘n dooie baba gaan.

“n Odendaalsrust inwoner Ellen Magawuza, wat aan asma en  epilepsie ly, het getuig dat sy is aangesê om ‘n kruiwa gebruik om by die hospitaal te kom in plaas daarvan om te kla oor ambulanse wat nooit opdaag nie.

 

Die kommissie is gefasiliteer deur die “Treatment Action Campaign”.  Algemene sekretaris van die organisasie  Anele Yawa, het gesê: “Ons het hierdie inisiatief gereël, maar die mense se kommissie word nie besit deur die TAC nie.”

 

Die departement van gesondheid in die Vrystaat het glo R700 miljoen skuld opgeloop en LUR vir gesondheid Benny Malokoane saam met sewe medebeskuldigdes staar steeds bedrog en korrupsie sake in die gesig, van wie een  die LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, Mathabo Leeto is.

 

“Dit word die Vrystaat genoem, maar die provinsie is nie vry nie. Dit is vol van korrupsie en intimidasie,” het Yawa gesê

.

Hy het verwys na ‘n ontwrigting op die eerste dag van die Mense se Kommissie toe ‘n opstandige die getuienisontwrig het, deur die TAC van ‘n politieke agenda te beskuldig.

 

Dit is gevolg deur die uitloop van ‘n afgevaardigde van die departement van gesondheid. Die afgevaardigdes het gesê hulle word bedreigd gevoel en het nie terug gekom nie.

 

Malokoane het die kommissie aangeval nog voordat dit begin het met sy verhore. Hy geïgnoreer versoeke vir kommentaar.

Artilel 6

Slagting in hospitale

“Hulle maak mense dood op strepe, maar niks word gedoen nie!” het ‘n dokter uitgeroep, nadat die soveelste pasiënt hierdie week gesterf het na beweerde onreëlmatighede in provinsiale hospitale.

March 22, 2015

 

Die wonde op me. Antoinette Swanepoel se maag. Sy is verkeerd gediagnoseer in die Middelburg Hospitaal en moes later verskeie operasies ondergaan omdat haar blindederm gebars en infeksie veroorsaak het.

Mense wat sterf nadat verkeerde medikasie gegee is, pasiënte wat in linnekamers “vergeet word” en verkeerde diagnoses is maar net ‘n paar van die bewerings wat familielede die afgelope tyd gemaak het. Vra hulle vrae, “word dit onder die mat ingevee en daarvan vergeet!”

Deur die jare is vele klagtes aan hospitale en die departement gerig met beloftes dat “dit ondersoek sal word.” Daar is egter in die meeste gevalle nie antwoorde aan die families verskaf nie en is dit vir hulle tot vandag toe nog moeilik om berusting te kry.

Net in die laaste paar weke en dae is skokkende verhale vertel.

  • Mnr. Coenraad Janse van Rensburg is op 1 Februarie dood na gereelde opnames in die Middelburg Hospitaal vir ‘n kroniese longkwaal.

Die Middelburg Hospitaal, gaan nou moontlik vervolg word vir nalatigheid.

Die familie glo die hospitaal was nalatig om hom met penisillien, ‘n medikasie waarvoor hy allergies was, te behandel.

 

  • In die week van 27 Februarie berig die Observer van leraarsvrou, me. Antionette Swanepoel (29), wat etlike maande vantevore by die dood omgedraai het omdat sy vir sowat ‘n week in die Middelburg Hospitaal behandel is vir ‘n sist op haar eierstok, maar haar blindederm eintlik gebars het. Vele operasies en duisende rande se hospitaalrekeninge later, omdat hulle na die Life Midmed Hospitaal moes gaan vir behandeling, het nie net fisiese nie, maar ook emosionele merke op die gesin gelaat.

Opvolg: Advokaat kyk na hospitaaldood

  • Verlede week is ‘n sewejarige seuntjie van Dullstroom dood, nadat hy vir ‘n skopplek op sy been behandel moes word. Sy familie wil nie sy naam in die koerant genoem hê nie en was te emosioneel om sake verder te voer oor gebeure in die Belfast en Middelburg Hospitale. Die kind is Saterdag begrawe en hulle het daarteen besluit om die kind te laat opgrawe vir ‘n geregtelike doodsondersoek.

Daar is betroubaar verneem dat die kind na die Middelburg Hospitaal gestuur is vir X-strale, maar dat hulle hom teruggestuur het met die woorde “dat daar niks verkeerd is met hom nie.”

Vrae word gevra oor wat uiteindelik tot sy dood gelei het en die feit dat dokters van Belfast nie ‘n lykskouing of geregtelike doodsondersoek aangevra het nie.

Hierdie week het twee families die koerant gebel en gevra wat hulle moet doen, want hulle het honderde vrae na die dood van hul geliefdes.

Opvolg: Pa sterf in hospitaal

  • Me. Annah Mokoena se emosionele familie was uiters geskok oor die gebeure by die Middelburg Hospitaal tot en met haar afsterwe Vrydag. Daar is onder andere beweer dat hulle haar in haar uiters siek toestand in die linnekamer van die hospitaal gekry het.
  • In die jongste voorval is mnr. Johan Duminey (64) Saterdag in die vroeë oggendure dood. Sy seun, Tommie, het emosioneel geraak as hy gepraat het oor die behandeling in die Middelburg- en Witbank Hospitale (berig elders).

 

Mnr. Johan Duminey (64) het Saterdagoggend in die vroeë oggendure in die Witbank Hospitaal gesterf. Sy familie is omgekrap oor die gebeure by die Middelburg- en Witbank Hospitale.

Daar word onder meer beweer dat hulle vir hom gesê het dat hulle sy pa vir een siekte behandel het, maar op sy pa se doktersbrief iets anders gesê het.

Hy sê by die Witbank Hospitaal het personeel gesê dat hulle hul eie toetse gaan doen nadat ‘n Middelburgse dokter ‘n Afrikaanse verslag, wat aangedui het dat mnr. Duminey dadelik geopereer moet word, geskryf het en hulle dit nie kon verstaan nie. Hy beweer verder dat ‘n Afrikaanse suster ook geweier het om dit te vertaal. Die operasie is eers om 23:00 gedoen en het sy pa in die vroeë oggendure gesterf.

“Ek is buite myself. Ek wil nie moeilikheid maak nie, maar my pa, wat ‘n gesonde man was wat nog gewerk het, het gesterf!”

  • In die verlede was die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van die Hospitaal, mnr. Philemon Letlalo, altyd bereid om met die koerant te praat en hul kant van die saak te stel.

Die nuwe hoof uitvoerende beampte, mnr. Patrick Masubuko, wou nie eers hoor waaroor die klagtes gaan nie. Hy het joernaliste aggressief kortgeknip en gesê hulle moet met die provinsiale hoof van kommunikasie, Dumisani Malamule, bel en praat oor die klagtes.

Die Departement van Gesondheid se kantore is gebel, aangesien mnr. Malamule nie dadelik in die hande gekry kon word nie.

Die ontvangsdame was nie seker met wie die joernalis moet praat nie en het in haar kantoor rondgevra.

Hierna is die koerant van bakboord na stuurboord gestuur. Nie een van die persone wie se name gegee is, was beskikbaar nie.

Toe ons uiteindelik mnr. Malamule in die hande kry, kon hy nie dadelik help nie en net gevra dat die joernalis ‘n e-pos met die klagtes stuur aangesien hy “in ‘n vergadering is.”

  • Teen druktyd is daar nog nie gereageer op die klagtes nie.

Middelburg Observer

Artikel 7

Heli-man se hart aan 14-jarige geskenk

 

Nog ‘n onlangse geval is die van ‘n wildjagter wie se hart geskenk word aan ‘n 14 jarige nadat hy sowat wat 9 ure moes wag vir die geskikte toerusting om hom te behandel en daarna breindood verklaar is.

Deur Marietjie Gericke Vrydag 10 Julie 2015 04:20

Jason Badenhorst (27), wildvanger en jakkalsjagter van die Noord- en Oos-Kaap, is dood verklaar ná die week lange drama waar hy ná ’n helikopter-ongeluk om sy lewe in ’n Bloemfonteinse hospitaal geveg het.

Sy naasbestaandes put tog vrede daaruit dat sy hart moontlik voortaan in die lyfie van ’n 14-jarige meisietjie sal klop en só “nog vir ’n stuk lewe kan sorg”.

Só sê Christine Clark wat van Engeland na Bloemfontein gekom het om haar dogter, Lauren Senekal (22), Badenhorst se verloofde, by te staan.

Die treurige tyding het bemoedigende boodskappe op sosiale media ontlok van mense wat aangegryp is deur die verhaal van hoe Lauren onder meer ure lank met haar beseerde geliefde se kop op haar skoot gewaak het.

Daar is gevrees dat Jason breinskade opgedoen het nadat hy weens onvoldoende toerusting in ’n plaaslike ambulans en hospitaal eers ná sowat nege uur die regte bystand gekry het.

Clark sê as woordvoerder namens die familie hulle is geweldig moeg ná die dramatiese week waar tevergeefs om Badenhorst se lewe geveg is.

“Maar ons is bly dat waar daar dood is, sy hart en moontlik ander organe ook, weer stukkies lewe vir ander mense kan beteken.”

Clark het Woensdagmiddag bevestig dat haar aanstaande skoonseun in daardie stadium nog net breindood verklaar is en aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel bly sodat van sy organe vir ander mense beskikbaar gestel kon word. “Ek weet nie watter organe alles geoes is en wat hulle alles nodig gaan hê nie. Ek het net gehoor die hart kan moontlik ’n 14-jarige meisietjie help.

“Ons is baie moeg, want die hele familie het die afgelope week baie min geslaap. Ons gaan nou maar net aan en doen wat gedoen moet word. Wat sal ons maak?”

Esmarié Cronjé van die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein, waarheen Badenhorst ’n week gelede (Donderdag tussen 22:00 en 23:00) per mediese noodvliegtuig van Aerocare gebring is, het ook bevestig dat Badenhorst dood is. “Hy het voor sy dood van sy organe geskenk wat Woensdag geoes is.”

Cronjé het gesê die asemhalingsmasjien sou hierna afgeskakel word.

Netwerk24

Artikel 8

Ernstige vrae oor vrot ambulanse

Vrot ambulansdienste as deel van die haperende Noord-Kaapse en Vrystaatse gesondheidstelsels het moontlik bygedra tot twee sterfgevalle ná onderskeidelik ’n mes-aanval en ’n voertuig-ongeluk.

In ’n derde geval kon ’n pasiënt se moontlike breinskade ná ’n helikopter-ongeluk vermy gewees het indien die plaaslike ambulans en hospitaal reg toegerus was.

In die Noord-Kaap is dit onverstaanbaar, omdat die provinsie in November 110 ambulanse bygekry het.

Só word beweer nadat Bramley Alexander March (17) Saterdag in Kimberley ná ’n mes-aanval oorlede is, Jonas Rakgokong (18) Maandag in Jacobsdal onder ’n trekker met ’n sleepwa beland het en later dood is, en Jason Badenhorst (27), wildvanger en jakkalsjagter, verlede Donderdag in ’n helikopter-ongeluk by Richmond ernstig beseer is.

 

In die eerste twee gevalle het die ambulans ure later eers opgedaag nadat March (in Kimberley) en Rakgokong (in Jacobsdal) reeds dood was.

In Badenhorst se geval het die ambulans wel opgedaag, maar was die toerusting van die ambulans en die Richmond-hospitaal onvoldoende. Hy is eers ure later per private mediese noodvliegtuig na Bloemfontein gevlieg. Vrese bestaan dat Badenhorst, wat steeds in ’n kritieke toestand is, weens die ure lange suurstoftekort moontlik breinskade opgedoen het.

Die Noord-Kaapse DA voer aan die swak openbare gesondheidstelsel in dié provinsie bedreig toenemend menselewens.

Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement het ná navrae Maandag belowe om vandag oor die gevalle van Badenhorst en March te reageer.

Christine Clark is die ma van Lauren Senekal (22), Badenhorst se verloofde. Clark sê hoewel daar suurstofmaskertjies in die staatsambulans én in die Richmond-hospitaal was, was daar nie ’n asemhalingsmasjien in die Richmond-hospitaal nie én het die toerusting om die asemhalingsmasjien in die keel te plaas ook ontbreek. Die ambulans was ook onvolledig toegerus.

“Wanneer iemand se toestand so kritiek is, tel elke minuut. Maar ná die ongeluk (verlede Donderdag om 14:00) kon Jason eers omstreeks 23:00 in ’n Bloemfonteinse hospitaal besorg word.”

Volgens Clark was die Richmond-hospitaal se geneeshere wel “fantasties”. Sy loof ook vir dr. Schalk van der Walt wat al die pad van De Aar (waar ook nie ’n asemhalingsmasjien is nie) Richmond toe gejaag én gedoen het wat hy kon.

’n Asemhalingsmasjien was eers beskikbaar op die Aerocare-vliegtuig waarin Jason eindelik na Bloemfontein gebring is.

Harold McGluwa, Noord-Kaapse DA-voorsitter en -wetgewerlid, sê die versuim in dié twee gevalle kom slegs dae ná ’n ander voorval in Kuruman waar hy self die senior amptenaar vir ambulansdienste moes bel om noodbystand vir ’n pasiënt te verseker.

“Die uitgerekte wagtyd op ambulanse wat dikwels sonder die regte toerusting en opgeleide personeel is, bevestig die drastiese afname en werkprestasie deur die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement se nood- mediese dienste.

“Die departement het self toegegee hy het te min ambulanse, omdat ambulanse breek en in ongelukke beland.”

McGluwa sê die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement misluk selfs daarin om binne 15 minute op noodgevalle in stedelike gebiede te reageer. Dié situasie wek groot kommer, omdat die departement in September 2014 altesaam 110 ambulanse bygekry het.

Lulu Mxekezo, woordvoerder, het gesê die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement sal eers vandag Volksblad se vrae kan beantwoord.

■ Esmarié Cronjé, woordvoerder van die Life-Rosepark-hospitaal, het Dinsdag gesê Badenhorst se toestand is steeds onveranderd. Hy is in ’n kritieke, maar stabiele toestand aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel. Hy is onder verdowing sodat hy kan slaap.

Deur Marietjie Gericke, Netwerk24

 

Artikel 9

Ambulans daag ure ná trekker-ongeluk op; jong man sterf

“ WAT HET VAN DIE EED GEWORD WAT HULLE AFGELÊ HET? ”

’n Jong man van Jacobsdal se lewe kon moontlik gered gewees het nadat hy in die Vrystaatse dorp onder ’n trekker met ’n wa beland het, maar ’n ambulans glo eers ure later ná sy dood opgedaag het.

Inwoners van hier sê die dorp het geen nooddienste of ambulanse nie.

Volgens Clivé Burger, ’n inwoner, moet hulle vir ’n ambulans van Jagersfontein of Bloemfontein wag indien hulle ’n noodgeval het.

Jonas Rakgokong (18) is Maandagmiddag dood nadat hy op ’n bewegende trekker met ’n wa wou spring en onder die wa beland het, sê konst. Maselela Langa, polisiewoordvoerder.

Rakgokong het glo gegly en die trekker met die wa het bo-oor hom gery. Die trekker was vermoedelik op pad na die stortingsterrein toe die ongeluk gebeur het.

Rakgokong se bedekte lyk het ure lank in die straat gelê voordat ’n ambulans opgedaag het.

Burger sê hoewel die ongeluk Maandag omstreeks 14:00 plaasgevind het, het ’n ambulans eers om 16:26 opgedaag. Die forensiese en patologiese dienste het eers omstreeks 20:00 aangekom.

Sy sê wat die voorval erger maak, is dat plaaslike inwoners by die kliniek in die dorp om hulp aangeklop het, maar weggewys is.

“Liewe aarde, dit is onmenslik. Die jong man se lewe kon gered gewees het. Hy het nie griep gehad nie. Dit was ’n noodgeval. Wat het van die eed geword wat hulle afgelê het?”

Navrae hieroor aan die Vrystaatse gesondheidsdepartement was teen druktyd onbeantwoord.

Die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

Netwerk24

 

Volksmoord: Ons Tel

Ons maak ‘n opname om te bepaal hoe diep die Volksmoord teen ons is. Ons soek basiese inligting oor gevalle, sedert 1994, waar dood veroorsaak is, of verdink is, deur Staat nalatigheid, wanpraktyk, onbevoegdheid, onvoldoende ondervinding, rassisme, onvoldoende hulpbronne, misdaad, geweld, protes, ens…

Hierdie informasie sal gebruik word om ‘n amptelike ondersoek te eis.

volksmoorde

Gaan na volksmoorde.com en voltooi die besonderhede daar indien jy dink jou geliefdes is weens nalatigheid dood.

Enjoyed this post? Share it!

 
  • marietjie

    My moeder is tans in Natalspruit hospitaal haar 3 maag operasie in 3jr die eerste keer dat haar ingewande sweer vra mens die dr om jou ma te verplaas omdat daar nie n manier is om by haar te kom nievis die reply …… Dis nie my probleem nie my ma kry kos wat haar maag brand so uiteinde SY EET NIKS sys besig om daar dood te gaan en my hande is afgekap