Polisie kan nie eers na hulle eie lede kyk wat misdaad pleeg nie, en dan moet ons hulle vertrou om ons veilig te hou !!

Die waarnemende polisiekommissaris, Lesetja Mathiba, het aan die parlement erken dat die polisie nie die vermoë het om meer as 100 polisiebeamptes te identifiseer wat moontlik betrokke is by ander werk en kontrakte wat met die staat gesluit word en dit nie openbaar het nie.

Hy het gesê hulle stelsel is nie 100% effektief teen misleiding nie aangesien daar skuiwergate bestaan. Polisiebeamptes moet jaarliks vrywillig aansoek doen om vergoeding vir privaatooreenkomste met die staat, het Bonang Mgwenya, hoof van die SAPD se menslike hulpbronne gesê.

Hy sê dat hulle prosesse baie stadig werk en dat hulle moet staatmaak op die ouditeur-generaal en die staatsdienskommissie omdat die polisie nie die vermoë het om die saak alleen aan te pas nie.

Die ouditeur-generaal het uitgewys dat daar in 2015/16 103 polisiebeamptes was wat moontlike konflik van belange het. Die G het toe onthul dat ‘n sekere adjudant-offisier S Mdoda ‘n kontrak ter waarde van R1,5 miljoen gehad het deur Mzu Business Enterprise. In ‘n ander voorval was ‘n skoonmaker, JW Mpanza, betrokke by ‘n transaksie van R115 468 deur ‘n firma met die naam Okaak Trading.

Ontleders vind dit skokkend dat die polisie met al hulle kundigheid in speurwerk en opspoor van misdadigers, nie hierdie probleem op sy eie kan oplos nie, en laat ‘n vraag ontstaan oor dié instelling se vermoë om meer geharde en sluwer misdadigers buite sy eie geledere vas te trek.


Enjoyed this post? Share it!