Polisie korrup: 980 ontslaan of bedank

Hoe korrup is die polisie werklik? Dit is die vraag wat kundiges vra nadat die Gautengse polisiekommissaris, luit.-genl. Deliwe de Lange onthul het dat 980 polisielede ontslaan is of bedank het sedert April 2017 nadat hulle vir korrupsie ondersoek is.

Genl. De lange sê solank sy die septer swaai, sal korrupsie nie geduld word nie. Sy het die opmerking gemaak tydens ‘n parade waartydens byna 1 200 nuwe polisiekonstabels verwelkom is.

Waarnemers sê dat as soveel polisiebeamptes net in een provinsie vir korrupsie uitgevang is, moet dit landwyd ‘n reuse probleem wees, aangesien daar aangeneem kan word dat nie eens al die korruptes in Gauteng aan die pen gery het nie en daar waarskynlik nog heelwat is wat nog uitgevang moet word.

Foto: Genl. Deliwe de Lange

Die Vyburger


Enjoyed this post? Share it!