Polisie wapens nogsteeds ‘n bron van bewapening van misdadigers

‘n Uitlating van die adjunk minister van Polisie wat bevestig dat wettige wapeneienaars nie die probleem in Suid Afrika is nie maar wel die polisie en weermag wat met wapens toegerus word om kwansuis landsburgers mee te beskerm!

Dit laat opnuut die vraag ontstaan waarom die blankes geteister moet word oor vuurwapenlisensies. Die regime se onge-ergde houding oor die plaasmoorde en toenemende aanvalle op blankes wat lei tot moord, verkragting, verminking, finansiële uitmergeling vir mediese uitgawes en verlies aan inkomste deur die dood van ‘n broodwinner, maak hulle aandadig!

Die Afrikanervolk word een vir een vermoor volgens ‘n vooraf beplande strategie met die regime se samewerking deur hulle onge-egdheid. Die “president” Zuma se toesprake maak nêrens melding van die volgehoue moorde op blankes en/of van beplanning om daarteen op te tree nie, nie eers na meer as twintig jaar nie.

Enige struktuur wat die blankes tot stand bring om hulleself te beskerm word as millitant beskou en deur die regime ontbind soos die funksionele komandostelsel. Die reg om jouself en jou eiendom te beskerm is egter internasionaal en sal ons ernstig aandag daaraan moet gee, ongeag politieke verskille.


Enjoyed this post? Share it!