Politieke moorde: 18 voorvalle aangemeld

Minstens 18 voorvalle van moord of poging tot moord wat vermoedelik verband hou met politiek in die aanloop tot die verkiesing op 3 Augustus, is sedert Januarie by die polisie aangemeld.

Daar was 30 voorvalle, insluitend aanranding, brandstigting en openbare geweld.

25 van die voorvalle was in KwaZulu-Natal. Ander is in Noordwes, Gauteng en Mpumalanga aangemeld.

Nathi Nhleko, minister van polisie, het Woensdag verslag gedoen oor die werk van die taakspan wat saamgestel is om sogenaamde politieke moorde te ondersoek.

Daar is toenemende kommer oor moorde op politieke kandidate.

Die meeste van die voorvalle hou verband met ANC-lede.

In die meeste gevalle is niemand in hegtenis geneem nie en word die voorvalle nog ondersoek.

Die jongste moord was vandeesweek in Port Elizabeth.

Bron: Netwerk24


 

Enjoyed this post? Share it!