Potgebraaide lamsblad met spinasievulsel

potgebraaide lamsblad

Potgebraaide lamsblad met spinasievulsel

• Genoeg vir 24 MENSE
• Bereiding: 30-40 minute
• Gaarmaaktyd: 2 uur
SPINASIEVULSEL
45 ml (3 e) olyfolie
250 g spek, fyn gekap
3 klein preie, fyn gekap
6 knoffelhuisies, fyn gekap
250 g sampioene, fyn gekap
500 g spinasie, fyn gekap
15 ml (1 e) suurlemoensap
60 ml (¼ k) suurroom
150 ml vars broodkrummels
1 eier, geklits
6 ml (ruim 1 t) sout
3 ml (ruim ½ t) swartpeper
VLEIS
2 lamsblaaie, ontbeen en
oopgevlek
15 ml (1 e) sout
7 ml (1½ t) swartpeper
20 ml (4 t) kookolie
30 g botter
1-1½ liter (4-6 k) droë witwyn
7 ml (1½ t) gedroogde basilie
4 lourierblare
30 ml (2 e) meel
Bruinsouspoeier
1. SPINASIEVULSEL Verhit die olie in ’n pan en braai die spek, preie, knoffel en sampioene ’n
2. paar minute.
3. Skep die vulsel uit die pan en roer die spinasie, suurlemoensap, suurroom, broodkrummels, eier, sout en peper by en meng goed.
4. VLEIS Plaas die vleis met vetkant na onder op ’n skoon werkoppervlak en geur met van die sout en peper.
5. Smeer die spinasievulsel op die vleis en rol die blad op. Bind dit met tou vas.
6. Verhit die olie en botter in ’n swartpot en braai die vleis op warm kole tot goudbruin. Geur met sout en peper.
7. Voeg die witwyn, basilie en lourierblare by en sit die deksel op. Krap van die kole uit en laat sowat 2 uur op matige kole prut of tot sag en geurig.
8. Skep die vleis uit en laat 10 minute rus.
9. Meng die meel en souspoeier met koue water en roer by die pansappe. Roer tot gemeng en laat prut tot dik.
10. Sny die vleis in skywe. Sit voor saam met sous.
WENK
Op kole: Verbruin op warm kole. Bedek met tinfoelie en braai stadig tot gaar op hoë rooster
Deur Huisgenoot Digitaal op Augustus 30, 2013

Enjoyed this post? Share it!