Pretoria aktes verdwyn – departement swyg tans in elf tale oor die gemors

Die Pretoriase akteskantoor is in chaos gedompel nadat derduisende dokumente en selfs digitale rugsteune net verdwyn het.

Die probleem gaan spesifiek oor aktes en transaksies wat in 2007 plaasgevind het, en sluit in huwelikskontrakte, titelaktes, verbandlenings, trusts en talle ander dokumente. ‘n Stelselfout word aangegee as oorsaak vir die probleme, en kragonderbrekings weens beurtkrag het skynbaar die elektroniese data vernietig.

Daar is egter ook talle fisiese afdrukke skoonveld, en niemand kan verklaar hoe dit gebeur het nie.

Die akteskantore val onder die reeds omstrede Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming. Die departement swyg tans in elf tale oor die gemors.

Bron: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!