Pretoria FM, speel nogsteeds die Republikeinse Volksliedere en gaan vanaf 8 Januarie om 4 uur soggens begin uitsaai

Pretoria FM, wat onlangs ‘n koersverandering ingeslaan het, sedert dit nie meer Radio Pretoria is nie, gaan vanaf 8 Januarie om 4 uur soggens begin uitsaai. Hulle speel nogsteeds tydens stasie openings en sluitings die Republikeinse Volksliedere. 

Die houvas van die Solidariteitbeweging het ook stewiger geword nadat mnr. Willie Spies vir prof. Schalk Botha as voorsitter opgevolg het, en mnr. Flip Buys nou die ondervoorsitter is. Verskeie ander amptenare van die Solidariteit Beweging is ook op die direksie van Pretoria FM.

Willie Spies is dus nou glo Voorsitter en Besturende Direkteur van Pretoria FM maar hopenlik sal die situasie uitgesorteer word. Dr Christo Pretorius is Uitvoerende Direkteur, Gemeenskapsontwikkeling en Godsdiensprogramme. Hennie Koortzen is nog Stasiebestuurder volgens hul webwerf.

Don V

 

Enjoyed this post? Share it!