Professor paniekerig oor gratis onderwys

Professor paniekerig oor gratis onderwysVat julle goed en trek

Prof. Jonathan Jansen van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het gesê as hy ’n professor aan ’n universiteit was, het hy eerder sy goed gevat en geloop.

In ‘n gespreksgeleentheid by die Cape Town Club het hy gesê hy sien nie uit na die toekoms nie. Volgens hom gaan pres. Jacob Zuma nog spyt wees oor die beloftes van gratis onderwys wat hy aan betogende studente gemaak het.

Dié aankondiging het hom skoon paniekerig gemaak, het hy gesê. Hy sê hulle somme lyk of die bedrag wat benodig word om op te maak vir die tekort aan klasgelde, is nader aan R4,6 miljard.

Hy het gewaarsku dat daar geen manier is wat die storie oor die studentebetogings ’n goeie einde gaan hê nie en sy verwagting is dat die onrus volgende jaar erger as die van vanjaar sal wees.

Die regering skryf alles wat hulle nie kan beheer nie toe aan ‘n derde mag. Volgens hom is dit onsin en hy wou weet waar is die eerste en tweede mag.

Maar die ANC sal die vernedering moet verduur om te erken hulle was verkeerd. Dit gaan nie hier oor geld nie, dit gaan oor politiek, het hy gesê.- Vryburger

 

Enjoyed this post? Share it!