Protest optogte het net geen einde: Wagte wat werk verloor, beplan besetting in Oos-Kaap

Uitgekontrakteerde veiligheidsbeamptes wat hul werk kwyt is, beplan om Maandag 07:30 die kantore van die departement van paaie en openbare werke in Bhisho in die Oos-Kaap te beset.

Dié werkers eis hul werk terug en dat uitkontraktering in die provinsie beëindig word.

54 veiligheidsbeamptes, van wie sommige al meer as ses jaar in dié poste is, is werkloos nadat hul kontrakte in Oktober verstryk het.

Die kontrak vir veiligheidsdienste is aan ’n ander maatskappy toegeken en as gevolg hiervan is mense hul werk kwyt.

Die werkers se eise is soos volg:

* Al 54 werkers moet heraangestel word.

* Veiligheidsmaatskappye moet alle onbetaalde lone aan werkers betaal.

* Die uitgekontrakteerde veiligheidswagte in die Oos-Kaapse provinsiale kantore moet heraangestel word.

* Die staat moet werkers wat deur die uitgebreide openbarewerke-program “uitgebuit” word, insluitend Werk met Vuur (WoF), direk en permanent aanstel.


Enjoyed this post? Share it!