Provinsiale owerhede spandeer miljoene op feeste

Provinsiale owerhede blaas miljoene op feeste, en nogal in naam van “die bevordering van kuns en kultuur”.

Noord-Transvaal het R10 miljoen begroot vir ‘n pas afgelope fees in Pietersburg, Wes-Transvaal het R16,7 miljoen vir hulle fees begroot terwyl Oos-Transvaal R14,5 miljoen spandeer. Die Vrystaat loop egter loshande voor met R42,5 miljoen vir feeste vir die 2017/17 boekjaar.

In totaal beloop die gefuiwery meer as R80 miljoen – geld wat gebruik kon word om basiese dienste te lewer of om instandhoudingswerk te doen.

Eet en drink en raas word bo dienslewering of instandhouding gestel.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!