Pryse van Petrol, diesel, paraffien, gas Woensdag op

Die departement van energie het verdere verhogings in brandstofpryse aangekondig.

Die prys van petrol (nou R12,78 vir 95-oktaan) sal Woensdag met tussen 8c en 11c per liter styg, afhangend van die oktaan. Die prys van diesel (R10,89) sal met tussen 41c en 42c kan styg, het die departement gister in ’n verklaring aangekondig.

Paraffien sal ook met tussen 43c en 57c per liter styg. LP-gas se prys styg met 12c per kilogram.

Die prysverhogings volg op die departement se aankondiging in Junie dat die swak rand die skuld vir die prysverhogings moet dra.

Die departement het motoriste ook aangeraai om “in dié uitdagende ekonomiese tye” petro­leumprodukte sorgsaam te benut.

Bron: Netwerk24


 

Enjoyed this post? Share it!