Pta-geweld: paaie gesluit; motoriste ‘bang’

Pretoria se chaos gaan voort

‘We will burn the whole of Pretoria if needs be’http://ow.ly/NAqY301taJV 

PTA9PTA GeweldPTA2PTA3PTA4PTA1PTA10Busse Mamelodi uitgebrand

‘We will burn the whole of Pretoria if needs be’http://ow.ly/NAqY301taJV 

Situation right now in Attridgeville. Trucks on fire – many routes blocked

09:30

Die Metrorail-treindiens tussen Cordelfos en Kalafong in Pretoria is weens die protesaksie gestaak.

Betogers het klippe op die treinspoor in Kalafong geplaas, wat dit onmoontlik vir treine maak om veilig op dié toete te ry.

Volgens Lillian Mofokeng, woordvoerder van Metrorail, het hulle besluit om die roete te staak om hul pendelaars, werknemers en bates te beskerm.

“Die treindienste in De Wildt, Mabopane en Mamelodi gaan voort. Ons monitor die situasie deeglik,” sê Mofokeng in ’n verklaring.

09:24

Trok brand in Hammanskraal

Sowat 40 voertuie langs die pad waar die R101-Noord met Edisonstraat in Hammanskraal, noord van Pretoria, kruis.

Die motoriste het afgetrek voor die kruising omdat hulle te bang was om in die rigting van die kruising te ry.

By die kruising was daar verskeie mense en sowat 60 meter ná die kruising ’n vragmotor wat brand. Baie rommel is oor die pad gestrooi.

’n Nyala-polisievoertuig het by die kruising gewaak. – Jeanne-Marié Versluis

‘Opportunisme, politieke boewery’ rede vir Tshwane-geweld, sê ANC

“Opportunisme” en “politieke boewery” is die hoofrede vir die gewelddadige optogte in Tshwane.

Die ANC in Gauteng het Dinsdagoggend dit as die vernaamste redes gegee vir die geweld wat sedert Maandagaand in Pretoria woed.

Die party ontken Thoko Didiza se nominasie as burgemeesterskandidaat vir Tshwane het ‘n rol in die protesaksie gespeel.

Nkenke Kekane, ANC-woordvoerder, sê Paul Mashatile, ANC-voorsitter in Gauteng, David Makhura, Gautengse premier, en ander ANC-leiers in die provinsie het Maandagaand al die brandpunte in Tshwane besoek om te “assesseer” wat die rede vir die geweld was.

“Nadat ons na ons lede geluister het, het ons tot die slotsom gekom dat dit opportunisitiese elemente is wat Thoko Didiza se nominasie as burgemeesterskandidaat gebruik om geweld en chaos te saai en eiendom te vernietig.

“Hulle misbruik die situasie omdat hulle verandering in die metro se leierskap vrees.”

Kekana het gesê die Gautengse leierskap van die ANC sal Dinsdag weer al die brandpunte besoek om gemoedere te probeer kalmeer.
“Ons wil ook die gemeenskappe aanmoedig om die opportuniste te isoleer.

“Ons is vol vertroue dat ons’n oplossing teen vandag of more sal vind.”

Op’n vraag of Didiza se nominasie as burgemeesterskandidaat, ten spyte daarvan dat daar ander bekwame kandidate in die streek is, ook nie rede vir die geweld is nie, het Kekana gesê die huidige Tshwane-leierskap was te verdeeld om ‘n “neutrale” burgemeesterskandidaat te lewer.

“Daar is ‘n skeuring in die ANC-leierskap in Tshwane, met Kgosientso Ramokgopa, die huidige burgemeester, aan die een kant en Mapiti Matsena, die ANC se adjunkvoorsitter in die streek, aan die ander kant.

“Albei wou die burgemeesterskandidaat wees. Die ANC in Gauteng het die situasie ontleed en bevind dat ons nie een van die twee kon kies nie.

“Ons moes toe iemand van buite inbring om die gemoedere in die streek te kalmeer. Ons glo Didiza was die korrekte besluit.

“Ons sal vandag aan ons lede in die streek gaan verduidelik dat sy nie ‘n ‘inkommer’ is nie. Sy woon al 19 jaar in die metro en was deel van die ANC se streekstrukture voordat sy tot die ANC se nasionale uitvoerende komitee verkies is.” – Llewellyn Prince

8:48

Daar is geen alternatiewe roetes om noord uit Pretoria te ry nie – almal is gesluit.

Volgens Isaac Mahamba van die Tshwane-metropolisie was die R101 die alternatiewe roete nadat die N1-Noord gesluit is.

“Die R101 is ook nou gesluit. Ons hoop om die N1-Noord en R101 binne die volgende uur weer oop te stel.”

Jeanne-Marié Versluis berig geen motor kan op die N1-Noord vanaf die N4-wisselaar beweeg nie.
Mahamba sê die pad by die Daspoort-tonnel is in albei rigtings gesluit.

Dié paaie isook  Dinsdagoggend weens gewelddadige protesoptrede gesluit.

*Seeiso-, Maunde- en Khozastraat in Atteridgeville is met brandende motorbande en klippe versper.
*Die Daspoort-tonnel is gesluit weens betogings.

08:46

ANC ‘hou by sy besluit oor Thoko Didiza’

Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, sê die ANC staan by sy “ongewilde” besluit oor die oudminister van landbou en grondsake, Thoko Didiza, as sy burgemeesterskandidaat vir Tshwane.

Dit ondanks gewelddadige betogings wat ná die aankondiging voorgekom het.

“Dit is nie oor Thoko nie. Dit is oor die ANC. Die besluit gaan nie verander word nie. Wat nou belangrik is, is om die stemme te wen. Ons sal voortgaan met interaksie met die gewone lede,” sê Kodwa.

“Ons kan nie geweld duld of die gebruik van geweld regverdig nie. Ons moet enigeen wat burgemeester in Tshwane word, ondersteun,” sê hy. – Lizeka Tandwa, News24
08:44

Ramokgopa vra dat ANC Didiza ondersteun

Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane, het ’n beroep op ANC-lede gedoen om sy opvolger, Thoko Didiza, te steun.

“Ek sal aan die voorpunt wees van die ANC-veldtog om die ANC se beheer van die stad (Pretoria) te behou en ook vir  Thoko Didiza om die leierskap oor te neem,” het Ramokgopa aan News24 gesê.

“Ons vra die lede om kalm te bly en die ANC se besluite te respekteer en te ondersteun.”

Inwoners het Maandag begin betoog ná die ANC se aankondiging dat Didiza, ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, aangewys is as Tshwane se burgemeesterskandidaat.

Daar is twee ANC-faksies in Tshwane waarvan een Ramokgopa steun en die ander sy adjunk, Mapiti Matsena. Didiza is toe benoem as ’n neutrale keuse vir die ANC.

Ramokgopa is die ANC se streeksvoorsitter.

Busse is aan die brand gesteek en verskeie paaie in die omgewing is vir verkeer gesluit. Die stadsraad van Tshwane het sy werkers uit die gebiede onttrek uit vrees vir hul veiligheid.

Die polisie is ingestuur om die orde te herstel. Ramokgopa het ’n beroep op ANC-lede gedoen om die geweldpleging te staak en die ANC se besluite en prosesse te respekteer. – Karabo Ngoepe, News24

08:29

Van die skole skole in die Daspoort-omgewing van Pretoria is Dinsdag gesluit weens die gewelddadige betogings.

VC Buccholz, skoolhoof van die Laerskool Booysens, sê toe hulle van die protesaksie bewus word, het hulle onmiddellik die kinders vir hul eie veiligheid huis toe gestuur.

“Geen leerling of personeellid is vandag by die skool nie. Ons het vroeg Dinsdagoggend ’n boodskap uitgestuur om almal in te lig dat dit te gevaarlik is om skool toe te kom.

Volgens Buccholz sal die situasie gemonitor word voordat ’n besluit word oor of die skool Woensdag sou open.

Die Hoërskool Hercules het gesê sê hy is oop, maar hou die situasie fyn dop.

“Ons is nie direk in die spervuur nie, maar is versigtig. Ons eksamen gaan voort. Ons verskoon leerlinge en personeellede wat weens die betogings nie by die skool kan uitkom nie.”

Die Laerskool Generaal Nicolaas Smit in Bremerstraat sê hy is “in die spervuur”.

“Sowat 200 mense het Dinsdagoggend voor ons skool betoog. Ons eksamen is darem verby.”

Skole wat gesluit is:

Laerskool Booysens
Laerskool Generaal Nicolaas Smit
Hoërskool Tuine
Hoër Tegniese Skool Tuine

Skole wat geraak kan word:

Laerskool Hermanstad
Hoërskool Hercules
Volgens EWN was daar ook protesoptrede in Soshanguve, Hammanskraal en Ga-Rankuwa, noord van Pretoria.

Die townships in en om die stad het Maandagaand gebrand uit protes teen die benoeming van Thoko Didiza as die ANC se burgemeesterskandidaat vir die Tshwane-metro.

Maandag is minstens 21 busse in Mamelodi aan die brand gesteek.

In Atteridgeville en Soshanguve is paaie Dinsdagoggend versper, en ‘n deel van die N1 en die R101, tussen die Pumulani-tolhek en Hammanskraal, is gesluit.

Seeiso-, Maunde- en Khozastraat in Atteridgeville is met brandende motorbande en klippe versper.

Volgens EWN is minstens drie voertuie Dinsdagoggend in dié township aan die brand gesteek.

Burgemeester Kgosientso Ramokgopa het net ná middernag op Facebook geskryf hy doen ’n beroep op die “gedissiplineerde lede van die ANC in Tshwane om gewelddadige aksies te staak”.

“Dit gaan ons enigste en kollektiewe doel wees om te verseker dat die ANC aan die bewind bly in Tshwane en dat Thoko Didiza ’n geleentheid gegee moet word om te floreer (thrive),” lui sy Facebook-inskrywing.

Bron –  Netwerk24


 

Enjoyed this post? Share it!