Pynappel kaaskoek

Lewer 1 groot tert
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
Verkoeltyd: 2-3 uur

KORS
100 g sjokolade-veselbeskuitjies
soos Bakers, fyn
gemaak
50 g botter, gesmelt

VULSEL
50 g mielieblom
gerasperde skil van ’n halwe lemmetjie of suurlemoen
50 ml (10 t) lemmetjie- of suurlemoensap
50 g strooisuiker
1 blik (200 g) fyn pynappel
1 eiergeel
250 g roomkaas
250 g room of crème fraîche styfgeklopte room en repies suurlemoen- en lemmetjieskil in strooisuiker gerol

  1. KORSMeng die beskuitjies met die botter en druk op die boom van ’n losboompan van 23 cm vas. Verkoel tot stewig.
  2. VULSELMeng die mielieblom, skil, sap en suiker in ’n kastrol tot ’n pasta. Voeg die pynappel met stroop by en meng goed.
  3. Roer oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Verwyder van die hitte en roer die eiergeel by.
  4. Roer die roomkaas en crème fraîche by. Skep in die voorbereide kors en verkoel tot stewig.
  5. Versier met styfgeklopte room.
Deur Huisgenoot Digitaal op Januarie 4, 2014

 

Enjoyed this post? Share it!