R 300 miljoen vermos op herdenkingsdienste van Nelson Mandela

Die Openbare Beskermer, Busiswe Mkhwebane, het by Jacob Zuma aanbeveel dat die Spesiale Ondersoek Eenheid ondersoek moet instel rondom R300 miljoen wat in die Oos-Kaap vermors is by herdenkingsdienste van Nelson Mandela, in lewe staatshoof en gevonniste terroris.

Geld wat geoormerk was vir infrastruktuur en sosiale ontwikkeling, is gebruik om T-hemde te koop en ‘n spyseniering firma te betaal by die “dienste”.

T-hemde is aangekoop teen R350 by verskaffers wat nêrens op die databasis van die provinsie verskyn nie, en die hemde is nooit ontvang nie.

Dit is die eerste kritiese verslag van die huidige Openbare Beskermer nadat sy van haar voorganger se verslae oor staatskaping nie wou aanvaar nie.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!