R1,7 miljoen op KFC , Nando’s en hotelle – Dit is lekker in SA vir ANC Burgermeesters!

Die burgemeester van Emfuleni, Simon Mofokeng, wat Vereeniging, Sasolburg en Vanderbijlpark insluit, het na bewering meer as R1,7 miljoen in vyf jaar spandeer by KFC, Nando’s en die Shakespeare Inn Hotel.

Intussen het die Staande Komitee van Openbare Rekeninge (Scopa) die waarnemende hoof uitvoerende beampte van die SABC, James Aguna, beskuldig van ongemagtigde uitgawes van R5,1 miljard by die uitsaaier.
Vernietiging van dokumente by die uitsaaier het ook aan die lig gekom wat blyk dat gepoog word om inkriminerende bewyse te vernietig.

‘n Firma wat aangestel is om die onreëlmatige uitgawes te ondersoek se koste beloop tans R25 miljoen, nadat ‘n aanvanklike bedrag van R4 miljoen gekwoteer is.

Bron: Die Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!