R50 mil gesteel by Staatveiligheid

R50 mil gesteel by Staatveiligheid

Van alle plekke is R50 miljoen in buitelandse valuta uit ‘n kluis in die hoofkantoor van die Departement van Staatsveiligheid in Pretoria gesteel.
Die diefstal het glo in die vroeë oggendure van Tweede Kersdag plaasgevind en alles dui daarop dat die diewe binne-inligting gehad het.
Die kluis waarin die geld – glo vir ’n fonds vir operasionale kwessies – toegesluit was, is glo oopgeforseer.
Die Valke ondersoek die saak. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!