R600 000 van jou belasting geld vir toiletsitplek

Die voormalige hoof van Prasa, Lucky Montana, het goedkeuring gegee aan ‘n tender wat R600 000 per toiletsitplek op nuwe lokomotiewe. Die hele kontrak was R42 miljoen vir 70 toiletsitplekke.

Die inligting het na vore gekom in hofdokumente wat ingedien is deur die passasierspooragentskap om die aankoop van nuwe lokomotiewe tersyde gestel te kry.

Die ANC word ook by die skandaal betrek. Dié party sou na bewering ongeveer R80 miljoen se voordeel uit die kontrak kry, terwyl ‘n Angolese vriendin van Jacob Zuma< Maria Gomez, ook self ‘n stewige bedrag in haar sak gedruk het. Zuma het haar skynbaar ‘n paar keer by haar huis in Sandton besoek. Gomez het daarop aangedring dat 10% van die totale kontrakbedrag na die ANC moet gaan.

Die ANC het, soos verwag is, ontken dat enige geld in sy rekening inbetaal is. Daar is egter sterk vermoede dat Zuma, die Guptas en die ANC, buitelandse rekenings het waarheen groot bedra gekanaliseer word. Daar word al openlik gepraat van ‘n plundery van die land se bates deur hierdie persone.

Bron: Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!