Ramaphosa erken met sy waarskuwing dat die ANC inherent korrup is

Aspirantpresident Cyril Ramaphosa het die huidige ANC-leier,Jacob Zuma, se voorstel dat die verloorder in die ANC se presidentsverkiesing tweede in bevel moet wees, verwerp.

Die voorstel is reeds vroeër deur Zuma gemaak met die byvoeging dat ‘n tweede adjunkpresidentspos geskep kan word.

Ramaphosa het intussen gewaarsku dat omkopery van afgevaardigdes nie geduld sal word nie. Die blote waarskuwing dui op die siek moraliteit wat die ANC oorgeneem het.

Zuma wil deur sy voorstel verseker dat indien Ramaphosa president sou word sy eks ten minste adjunkpresident word en dat sy hom sal beskerm teen moontlike vervolging.

Ramaphosa erken met sy waarskuwing dat die ANC inherent korrup is.

Hy het ook aangedui dat hy na ander loopbaan opsies kyk as hy nie die presidentskap van die ANC sou kry nie. Politieke ontleders reken dat hy dan selfs met onmiddellike inwerkingtreding as adjunkpresident van die land kan bedank.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!