Ramaphosa gebruik ook Afrika tyd soos sy voorganger

Dit is nie net Jacob Zuma wat hom daaraan skuldig maak om mense ure lank te laat wag omdat hy laat opdaag vir ‘n geleentheid nie.

Verskeie joernaliste het ‘n beplande mediakonferensie van Cyril Ramaphosa by die ANC se verkiesingskonferensie verlaat nadat ‘n senior verslaggewer se akkreditasiekaart gekonfiskeer is omdat hy gewaag het om te vra hoekom hul so lank in die son moet wag. Ramaphosa was etlike ure laat vir die byeenkoms.

Joernaliste het gekla oor die gedrag van sekuriteitspersoneel oor die algemeen. Die hoof van ANC sekuriteit het verskoning gemaak vir die insident.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!