Ramaphosa nie wesenlik anders as Zuma nie – “Grond (insluitend stedelike grond) kan gevat word sonder vergoeding”

Die ANC het op sy konferensie ‘n besluit geneem dat grond of eiendom sonder vergoeding weg geneem mag word. Dit is beklemtoon dat dit nie net landbougrond is nie, maar ook stedelike grond sal insluit.

Daar is nie ‘n tydsraamwerk vir die besluit geplaas nie, maar in beginsel sal die grondwet gewysig word om die besluit “wettig” te maak.

Die suikerlagie wat die party se nuwe president, Cyril Ramaphosa, probeer oorgooi het, is sy stelling dat dit nie die ekonomie, landbouproduksie of voedselsekerheid sal beïnvloed nie.

Met die stelling het dit duidelik geword Ramaphosa nie wesenlik anders is as Zuma nie.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!