Ramaphosa uitgesproke: ” alle semi-staatsinstellings gekaap”

Cyril Ramaphosa het in Kimberley by ‘n vergadering gesê dat alle semi-staatsinstellings gekaap is aangesien ‘n sekere “familie” toegelaat is om verwoesting te saai binne Eskom, Prasa, Transnet, SABC en SAL.

Hierdie uitbarsting kom te midde van sy veldtog om as president van die ANC oor te neem. Hy het gesê die geld wat gesteel is moet terugbetaal word tot voordeel van die land se ekonomie.

Politieke waarnemers wonder egter hoe al hierdie dinge plaasgevind het sonder sy medewete terwyl hy adjunkpresident was.

Uitlatings soos hierdie, wat direk vingers wys na Jacob Zuma, kan Ramaphosa se kop kos, aangesien daar reeds bespiegel word dat Nkosazana Dlamini-Zuma selfs adjunkpresident kan word wanneer sy later vandeesweek weer parlementslid gaan word.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!