Rand/Ramaphosa euforie – rand besig om stoom te verloor

Die rand is stadig besig om stoom te verloor na die aanvanklike versterking na Cyril Ramaphosa se verkiesing as president van die ANC.

Al die optimisme oor ‘n nuwe “president” is stadig maar seker besig om af te neem en ekonome meen dat die geldeenheid besig is om weer terug te sak en in lyn te kom met vorige verhandelinge.

Veral Ramaphosa se dreigement van grondonteiening sonder vergoeding, het die markte laat realiseer dat daar nie veel verskil is tussen die beleid van Zuma en Ramaphosa nie, en die feit dat soveel Zuma-lojaliste op die ANC se sogenaamde Top 6 en die Nasionale Uitvoerende Komitee verkies is, het aanvanklike optimisme laat verander in realisme.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!