Rassisme? Wat jy waar kry Mnr President?

Die stroom van rassisme teen wittes het weer dik gevloei tydens die herdenking van die kommunis Chris Hani se dood.

So het politieke partye en drukgroepe Maandag gereageer op pres. Jacob Zuma se aanspraak dat rassisme oop en bloot ten toon gestel is in Vrydag se anti-Zuma-optogte.

ANC-leier Jacob Zuma het die veelrassige betogings verlede Vrydag, beskryf as ‘n rassistiese aanslag en dat rassiste nie meer bang is om uitgevang te word nie. Hy het gesê dat van die wit landgenote swart mense verag. Hy het in Boksburg gepraat by die jaarlikse herdenking van die sluipmoord op Chris Hani, SAKP-¬leier.

Wat Zuma egter nie bereid was om te sê nie, het by dieselfde geleentheid gekom van die Uitvoerende Burgemeester van die Ekhuruleni Munisipaliteit, Mzwandile Masina. Dié het sover gegaan as om wittes kwalik bedek te dreig, deur te sê dat die regerende party wat deur die meerderheid ondersteun word, moeg daarvoor is om stil te bly wanneer hy aangeval word.

“Ons vra mooi, julle moet ophou om ons land te verdeel, want dié wat in 1995 by julle gestaan het, sal nie oor vyf jaar hier wees nie en indien julle so voortgaan, gaan dinge dalk oor die volgende vyf jaar baie rof raak.”

Rassisme? Wat jy waar kry Mnr President?

Hy het ook die bewering gemaak dat wit Suid-Afrikaners vir swart Suid-Afrikaners middelvinger te wys. Hy sê dit is hoogtyd dat hierdie neiging van wit Suid-Afrikaners

“om ons die middelvinger te gee omdat hulle ’n nuutgevonde selfvertroue gevind het tot ’n einde kom. Daar is geen ander plek ter wêreld waar 5 miljoen mense dink hulle kan oor 42 miljoen mense regeer nie.”

Waarnemers wys daarop dat beide Zuma en Masina besig is om die rassistiese klimaat teen die blankes op te laai, met die gevolg dat ‘n verhoging op aanvalle op blankes verwag kan word. Boonop is hulle feite ook verkeerd, aangesien daar meer swartes deelgeneem het aan die optogte teen Zuma, terwyl Suid-Afrika waarskynlik die enigste land ter wêreld is waar die swart meerderheidsregering hom deur rassistiese wetgewing beskerm teen die werkende wit minderheid.

Zuma beweer van die betogers in Vrydag se optogte het plakkate rondgeswaai wat swart mense as bobbejane uitbeeld.

“Ons het gedink die oortuigings wat op die plakkate ten toon gestel is, is in 1994 begrawe.”

Rassisme? Wat jy waar kry Mnr President?

Plakate wat omhoog gehou word tydens die protesoptogte.

Hy sê dit is duidelik dat “sommige van ons wit landgenote” swart mense verag.

Save SA sê in ’n verklaring dit lyk of Zuma die rassekaart uit desperaatheid speel om verdeeldheid te saai.

Die beweging daag Zuma uit om ’n klag by die Menseregtekommissie in te dien sodat die bewerings deeglik ondersoek kan word.

Save SA sê hy veroordeel alle plakkate wat moontlik rassisties is en dat hy dit nie sou toegelaat het as hy so iets opgemerk het nie.

Volgens Save SA is die optogte trouens gekenmerk deur ’n sterk gevoel van rassesamehorigheid.

Ook die EFF sê Zuma is “oneerlik”.

“Ons het niks rassisties in die betogings gesien nie,” sê Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF.

Hy sê die betogers het by hul hoofdoelwit gebly, naamlik om te eis dat Zuma bedank.

Ook die DA sê dat Zuma rassisme as verskoning gebruik om uit ’n moeilike situasie te kom.

“Ons het die plakkate van ¬almal wat in Johannesburg betoog het, geassesseer. Die ergste wat ons gesien het, was ‘Voertsek Zuma’. Die res het gesê hy moet bedank en ons gaan aanhou om dit te sê,” sê Refiloe Ntsekhe, woordvoerder van die DA.

Sy sê volgens die ANC is alles deesdae rassisties.

“Maar as ons ’n rassistiese party is, hoekom gaan ons nou (Woensdag) saam met die EFF en ¬Cope betoog en nie net met ons wit lede nie?”

* Die opposisiepartye beplan vir Woensdag – toevallig Zuma se verjaardag – ’n dag van aksie teen Zuma in Pretoria.

Rassisme? Wat jy waar kry Mnr President?

Mengelmoes van rasse staan saam en versoek Zuma om sy pos te verlaat.


 

Enjoyed this post? Share it!