Rasuitsprake op Facebook gestraf

Die Natalse eiendomsagent, Penny Sparrow, en Matthew Theunnissen van Kaapstad is die afgelope Vrydag opdrag gegee om te betaal vir hulle “rassistiese tirades” op sosiale media.

Sparrow is met R150 000 beboet en Theunissen moet gemeenskapsdiens doen.

Die Umzinto Gelykheidshof het beslis dat Sparrow moet binne 60 dae R150 000 aan die Oliver en Adelaide Tambo-stigting betaal. ‘n Interdik teen haar verbied Sparrow ook enige “haatspraak” kwyt te raak.

Die saak volg nadat sy op Facebook swart strandgangers met ape vergelyk het.

Haar dogter, Charmaine Cowie, het vir die saak opgedaag omdat haar ma volgens haar te siek was om die verrigtinge by te woon en vir haar lewe vrees.

Theunissen sal ingevolge ‘n skikking met die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommissie gemeenskapsdiens vir sportontwikkeling in armer dele van Kaapstad doen.

Hy is vervolg weens sy uitlatings op Facebook oor die aankondiging van die minister van sport, Fikile Mbalula dat die land se sportliggame verbied word om enige bod te maak of groot sportgeleenthede aan te bied weens ‘n gebrek aan transformasie.

Theunissen het pas na sy aanmerkings op Facebook onvoorwaardelik verskoning gevra.

Hy moet ook vrywillig en op sy eie koste navorsing doen oor haatspraak en rassisme en waarom haatspraak destruktief vir die transformasieproses is asook “hoe blanke bevoorregting in die Suid-Afrikaanse samelewing” werk.

Theunissen is ook gebied om vir 12 maande nie aan enige sosiale netwerk deel te neem nie terwyl hy ‘rehabilitasie’ ondergaan.

Foto – Die Penny Sparrow-boodskap

 Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!