Ratte van gereg draai stadig

VOLKSMOORD6-300x226Die polisie het na twee maande ‘n verdagte aangekeer in verband met die moord op ‘n bejaarde inwoner van Sasolburg.

Paul Swart (87 jaar) in Februarie vanjaar by sy huis vermoor. Familie het op hom afgekom toe hulle gaan ondersoek instel het waarom hy nie sy selfoon antwoord nie.

Sy vuiste was stukkend geslaan soos hy hom teen sy aanvallers verset het en sy grasperk was net deels gesny gewees.

‘n Videomasjien en selfoon wat aan Swart behoort het, is in die verdagte se besit gevind.

Die 34-jarige verdagte sal Maandag in die hof verskyn.

In nog ‘n volksmoord is Gabriel Mothusi Mogale in die Mafikeng hooggeregshof 30 jaar tronkstraf opgelê in verband met ‘n plaasmoord twee jaar gelede.

Mogale en twee van sy makkers het in Maart 2014 Koos Erasmus (59 jaar) en sy vrou, Martie in hul huis op die Sumsaren-wildreservaat, naby Groot-Marico met pangas en ‘n vuurwapen aangeval.

Hulle het Martie Erasmus met ‘n panga aangeval en haar man doodgeskiet.

Die ander twee verdagtes is vrygelaat omdat daar glo nie genoeg bewyse teen hulle was nie.

Mogale is egter volgens die polisie met DNS aan die toneel verbind.

 Bron: Vryburger

Enjoyed this post? Share it!