Realisme oor terugkeer van Afrikaners na stamland

‘n Nederlandse ondersteuner van Steve Hofmeyr se uitnodiging aan Afrikaners om terug te keer na hulle stamland is vandeesweek heel realisties deur hom in Den Haag beantwoord.

Op die man se aanbod het Hofmeyr geantwoord: “Die probleem in Europa is dat julle ons net in jul land toelaat as ons met ’n klein skippie aankom of as ons deur die heinings kruip, want amptelik lyk dit nie goed om blankes in jou land in te nooi nie.”

Hofmeyr het by ‘n restaurant in Den Haag ‘n toespraak gelewer oor “Waarskuwings uit Afrika – die aftakeling van identiteit as jy ’n minderheid in jou eie land word”.

Martin Bosma, ‘n lid van die Nederlandse Tweede Kamer en lid van Partij voor de Vrijheid, het tydens die geleentheid ’n onderhoud met Hofmeyr gevoer.

Na die gesprek kon vrae aan Hofmeyr gestel word. Heelwat mense het gevra hoe Europa Afrikaners kan help, waarop hy soos volg geantwoord het: “Europa moes lankal gereageer het op die moord op blankes in Suid-Afrika. Dis nou te laat om iets te doen. Ek kan net vir julle kom vertel hoe dit eendag gaan voel as julle wakker word as die minderheid in jul eie land.”

Bosma het ’n boek oor Suid-Afrika met die titel, Minderheid in eigen land: Het progressieve strijd ontaardt in genocide en ANC-apartheid, geskryf. En teen die tempo waarteen sogenaamde vlugtelinge in Europa aanland, sal Europeërs binnekort ‘n minderheid wees.

 Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!