Regering se Gesondheidsplan gaan selfde paaidjie volg as die van e-tol

Regter Dennis Davis, wat ‘n belastingkomitee lei, voorspel dat die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), gaan misluk soos die e-tolstelsel misluk het.

Volgens Davis word die NGV gedryf deur professionele mense, terwyl die publiek en pasiënte nie daarby betrek word nie. Dieselfde het gebeur met die e-tolstelsel wat daartoe gelei het dat die publiek met ‘n stille sabotasie daarvan begin het deur nie te registreer of te betaal nie.

Die NGV is wel vervat in ‘n Witskrif, wat ‘n beleidsverklaring is, maar Davis sê daar is geen aanduiding van hoe dit prakties in werking gestel gaan word nie, en hy glo dat weerstand gaan toeneem in latere fases van inwerkingstelling. Hy glo ook dat die NGV duurder gaan wees as wat tans voorgegee word.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!