Regering self verward oor radikale ekonomiese transformasie beleid

Dit blyk dat die ANC-regime self nie eens weet wat hy werklik bedoel met radikale ekonomiese transformasie nie.

Dit het duidelik geword uit opmerkings wat die minister van finansies, Malusi Gigaba, in Oos-Londen gemaak het by ‘n byeenkoms van Progressive Youth in Business.

Hy sê dit is noodsaaklik dat daar ‘n gemeenskaplike begrip op nasionale en provinsiale vlak moet wees oor wat radikale sosio-ekonomiese hervorming beteken. Daaruit blyk dit dat daar groot verwarring ontstaan oor die saak.

Foto: Malusi Gigaba

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!