Regter ingetrek by ras-kwessie

Court of law‘n Regter is midde in ‘n rasse-herrie nadat sy daarvan beskuldig is dat sy gesê het swart mans is geneig tot verkragting.

Oproepe is op sosiale media gedoen dat sy uit haar pos verwyder moet word.

Die hele sage het begin toe Mabel Jansen se private aanlyn-gesprek daaroor met ‘n joernalis, Gillian Schutte, op die bakkiesblad geplaas is.

Hierna is uitsprake ook opgediep wat Jansen ‘n jaar gelede oor dieselfde onderwerp in ‘n Facebook-debat gemaak het.

Sy het haar destydse mening meer of min herhaal in die gesprek met Schutte dat verkragting van minderjariges deur hul eie familielede (onder swartes) nimmereindigend is, en dat sy dit in die strafsake sien wat sy aanhoor.

Jansen het op sosiale media opgemerk sy is nie ’n rassis nie en dat sy twee swart wesies grootgemaak het toe dit nog nie “mode” was nie.

Schutte het glo besluit om haar private gesprek met Jansen op die bakkiesblad te plaas omdat sy wil toon hoe iemand dink wat hofuitsprake oor swart mense moet lewer. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!