Regulasies het boere woedend

Chickens

Pluimvee boere is woedend nadat nuwe regulasies oor pekelwater uitgevaardig is waarvolgens die koste van hoendervleis met tot 20% kan styg terwyl die boer tot 17% benadeel word.

Die berekenings wat deur deskundiges gemaak is toon dat die pluimveeboer se wins met minstens 17% gaan daal weens die nuwe regulasies wat nagekom moet word.

’n Pluimveeboer het gesê hy verneem dat die SA Pluimveevereniging dit ernstig oorweeg om die regulasies in die hof te beveg.

Die regulasies hou rampspoedige gevolge in vir die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf, terwyl handelaars en verbruikers ook ernstig benadeel word.

Die regulasies wat pekelinhoud tot 10% beperk in heel hoenders, en 15% in bevrore hoenders, is blykbaar in ingebring sonder om met die SA Pluimveevereniging te konsulteer of die implikasies te verreken.

Die volle implikasie is dat die nuwe regulasie die produksiekoste met 20% verhoog, wat katastrofiese gevolge inhou vir die hele pluimveebedryf.

Onlangs het die regering ’n invoerooreenkoms met die VSA beklink waarvolgens honderde tonne swak gehalte hoendervleis ingevoer word.

Kenners het gesê die hoenderstukke wat van die VSA ingevoer se gehalte is so swak dat niemand in Amerika dit wil eet nie. Bron – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!