Rokers van Carnilinx se sigarette is onwetend besig om Dlamini-Zuma te befonds

Dit het die naweek aan die lig gekom dat Adriano Mazzotti bydra tot Dlamini-Zuma se veldtog om as president van die ANC oor te neem.

Mazzotti is ‘n omstrede sigarette vervaardiger en dit word berig dat hy in 2014 in ‘n verklaring erken het dat sy maatskappy, Carnilinx, betrokke was by bedrog, belasting ontduiking en geld wassery.

Beide hy en die maatskappy dra glo kontant by tot Dlamini-Zuma se veldtog en verder is hy glo vriende met David Mahlobo, oudminister van staatsekuriteit, iets waarop Mahlobo nie kommentaar wou lewer nie.

Rokers van Carnilinx se sigarette is dus onwetend besig om Dlamini-Zuma te befonds.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!