Romerige appel tert met sjokolade jogurt

Hoofbestanddeel van Kellogg’s: Kellogg’s Coco Pops

LEWER 1 REGHOEKIGE TERT

KORS
750 ml (3 k) Kellogg’s Coco Pops-krummels (maak dit met ’n voedselverwerker)
3 ml (opgehoopte ½ t) kaneel
125 ml (½ k) gesmelte botter

VULSEL
150 g roomkaas
1 tin (400 g) pastei-appels, tot ’n puree verwerk
2 eiers, geklits
30 ml (2 e) heuning
kaneel vir bestuif

VIR VOORSIT (opsioneel)
50 g donkersjokolade, gesmelt
60 ml (¼ k) natuurlike volroomjogurt

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. KORS
    Meng al die bestanddele vir die kors en druk dit in ’n reghoekige losboom-tertpan vas. Verkoel in die koelkas terwyl jy die vulsel maak.
  2. VULSEL
    Klits die roomkaas, appelpuree, eiers en heuning saam en skep in die kors. Bestuif met kaneel. Bak sowat 25 min. tot geset. Laat dit heeltemal afkoel en sny in skywe.
  3. VIR VOORSIT
    Roer die gesmelte sjokolade en jogurt saam tot ’n dik sous vorm. Sit voor saam met die tert.

 

Bron: Huisgenoot 18 Julie 2016


 

Enjoyed this post? Share it!