Romerige hoender-en-groente Bredie

Genoeg vir
8-10 mense
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 45-60 min.

3 groot uie, grof gekap
30 ml (2 e) fyn gekapte knoffel
olie
1 pakkie (250 g) spekvleis, in stukkies gesny
45 ml (3 e) fyn appelkooskonfyt
250 g knopiesampioene, gehalveer
2 kg ontbeende hoender, in blokkies gesny
sout en peper
6 groot aartappels, geskil en in stukke gesny
1 kg gemengde groente (pitmielies, ertjies en wortels)
250 ml (1 k) room 10 ml (2 t) wituiesoppoeier
10 ml (2 t) beesstertsoppoeier

  1. Braai die uie en knoffel in ’n groot pot in ’n bietjie verhitte olie tot sag.
  2. Voeg die spekvleis by en braai tot gaar. Roer die fyn appelkooskonfyt by.
  3. Voeg die knopiesampioene by en braai tot sag.
  4. Geur die hoender met die sout en peper en voeg by die spekvleismengsel. Braai tot effens bruin en voeg 250 ml (1 k) water by. Sit die deksel op en laat 15 min. oor lae hitte prut tot die hoender sag is.
  5. Voeg die aartappelstukke by en laat sowat 20 min. prut tot byna sag.
  6. Plaas die groente boop die hoender, bedek en laat prut 15 min. tot die aartappels sag en die groente warm is.
  7. Meng die room met die soppe en roer by. Laat prut sonder die deksel tot die sous verdik het.

        Huisgenoot 19 September 2014


 

Enjoyed this post? Share it!