Ronnie Kasrils: Zuma is gevaarlik, bedrieglik en ‘n verraaier

Sou hierdie woorde vanuit Blanke kringe kom, sou dit dalk nie deur almal gelees en as waarheid aanvaar word nie. Maar die man aan die woord is die kommunis, Ronnie Kasrils, ‘n voormalige minister van intelligensie.

In sy striemende aanval op Zuma gaan hy verder en sê dat Zuma vir niks sal stuit om van sy kritici ontslae te raak nie.

Boeke en biografieë sien nou bykans weekliks die lig en die nuutste is “A simple Man: Kasrils and the Zuma Enigmas”. Volgens Kasrils wil Zuma ‘n prentjie voorhou as ‘n eenvoudige man wat werkers se belange op die hart dra. Hy is egter ver van dit: hy is slinks, manipulerend, hy elimineer en is vol planne.

Kasrils het reeds in die 1990’s vir Mandela en Mbeki gewaarsku oor Zuma se sosiale agterlikheid, sy homofobie, sy wreedheid teenoor sy eie kamerade en sy etniese en stam tendense.

Kasrils erken dat hy een van die persone is wat Zuma ingetrek het in die stryd teen apartheid – nou het dit ‘n monster gebaar.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!