Rowers slaan vrou, byt dominee tydens inbraak

Dit is nie die eerste keer dat die Breytenbach-egpaar deurloop onder gewapende rowers nie.

Die vorige keer op die plaas waar hulle woonagtig was, is dr. Hendrik Breytenbach (66) met ’n warm strykyster gebrand en het die rowers gedreig om sy vrou te verkrag. Hierdie keer is daar op die egpaar geskiet, me. Betsie Breytenbach is oor die kop geslaan en dr. Breytenbach is aan sy arm gebyt.

Die egpaar is Saterdag, 7 Oktober omstreeks 05:00 by hul huis in Ritastraat, Del Judor oorval.
“Ek het so vieruur opgestaan en die venster oopgemaak om die kat te laat uitgaan en daarna teruggeklim in die bed,” het dr. Breytenbach gesê.

Omtrent ’n uur later het hul honde verskriklik begin blaf.

“Pieter, ons huishond het geblaf en ek het wakker geword. Toe ek opkyk was daar ’n man besig om deur die venster te klim, ek het uit die bed gespring en hom probeer keer,” het dr. Breytenbach verder vertel.
Dr. Breytenbach se vrou, Betsie het ook wakker geword en toe sy opkyk sien sy ’n man met ’n vuurwapen wat langs die bed staan.

“My vrou het die man met ’n pyp, wat in die kamer was, geslaan.

Die een waarmee ek gestoei het, het aanhoudend geskreeu, ‘shoot him, shoot him’,” het dr. Breytenbach gesê.
Op ’n stadium het dr. Breytenbach daarin kon slaag om die man waarmee hy gestoei het by die venster uit te stoot, maar hy kon nie die venster toedruk nie, want die man het aan die venster vasgeklou.

Geen verdere inligting beskikbaar.

Deur: Witbank Nuus


Enjoyed this post? Share it!