Rowers vlug leë hande na oorloggie

crime scenen Leërskare rowers met aanvalsgewere, in hierdie geval tien, het tydens ‘n jong oorloggie probeer om ‘n bakkie met geld van Fidelity-sekuriteitsdienste op die pad tussen Bloemfontein en Dewetsdorp te beroof.

Die swaar gewapende rowers het vroegoggend op die R702-pad gesit en wag vir die bakkie, en het toe daarop losgebrand om dit tot stilstand te dwing.

Altesaam 24 koeëlgate is aan die regterkant van die bakkie getel, en 21 leë koeëldoppies is op die pad opgetel. Skerppuntammunisie is ook langs die bakkie gekry.

Die bakkie is daarna oopgebreek. ‘n Wag wat agterin gesit het, is met ‘n geweerkolf geslaan en nog ‘n wag is beseer toe een van die rowers met ‘n voertuig oor hom gery het.

Die rowers wat blou oorpakke en klapmusse gedra het, het glo met leë hande gevlug omdat hulle nie die gedeelte van die bakkie kon oopkry waar die geld in gehou word nie.Hulle het met vyf voertuie ontvlug.

‘n Klag van gewapende roof en poging tot moord word ondersoek.

 Bron – Vryburger


Enjoyed this post? Share it!