Russe dood magtige rebelleleier

Zahran AlloushTydens ’n hewige lugaanval wat deur Russiese vegvliegtuie uitgevoer is op leiers van ’n islamitiese rebellegroep, is een van die magtigste leiers gedood.

Op ’n Britse webblad is glo bevestig dat ’n Menseregte-organisasie inligting vrygestel het van die hewige aanval waarin die rebelleleier gedood is.

Die leier van die grootste rebellegroep in Sirië het tydens die aanval omgekom, en was in Damaskus toe die Russe se verwoestende aanval plaasgevind het.

Die Russiese aanval was gerig om die leiers van die “Jaish al-Islam”, (weermag van Islam) en gestasioneer is naby Damaskus by te kom.

Die leier, Zahran Alloush (44), is volgens die inligtingsbronne, in die aanval gedood tesame met 5 van sy assistente wat as van die belangrikste terroristeleiers beskou word.

Onbevestigde berigte lui dat die ses leiersfigure wat gedood is, glo groot steun ontvang het van Saudi Arabië.

’n Voormalige informant en werker van die verbanne opposisieparty in Sirië, Khaled Khoja, wat steeds leier is van die Siriese Nasionale Koalisie, het bevestig dat Alloush in die aanval gedood is saam met vyf van sy senior assistente.

Waarnemers wys daarop dat dit waarskynlik die belangrikste rede is waarom die terroristegroepe bereid was om ’n eerste rondte samesprekings te voer, aangesien hulle nie nog sulke terugslae kan weerstaan nie. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!