SA Kommuniste Party daag ANC uit

Die SA Kommuniste Party (SAKP) bring ‘n dreigement tot uitvoer deur onder sy eie vaandel aan verkiesings deel te neem.

Die SAKP gaan etlike wyke in die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat tydens ‘n tussenverkiesing betwis.

Ontleders beskou dit as ‘n proeflopie vir die SAKP met die oog op die algemene verkiesing van 2019.

Die SAKP het nog nooit in sy bestaan aan enige verkiesing deel te neem nie, maar het sy invloed altyd binne die ANC uitgeoefen.

Sou die SAKP inderdaad aan die 2019 verkiesing deelneem en beduidende steun kry, kan dit die ANC in ‘n moeilike posisie plaas, en ‘n koalisie tussen die EFF en die SAKP word nie uitgesluit nie.

Die ANC is skynbaar deeglik van die situasie bewus en het gesprek met die SAKP gevoer. Skynbaar kon geen ooreenkoms bereik word nie en daar is besluit om later die maand weer byeen te kom.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!