SA Kommunistiese Party raak nou regtig gatvol vir Zuma

Die SA Kommunistiese Party (SAKP) het ‘n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se hoof, Shaun Abrahams, en sy departement gedoen om Zuma aan te kla op die meer as 700 klagtes van bedrog.

Hulle het verder ‘n beroep op die ANC gedoen om Zuma af te dank.

Volgens die SAKP het Zuma se erkenning in die appelhof dat die terugtrekking van die klagtes teen hom irrasioneel was, die weg nou geopen vir vervolging.

Solly Mapaila, sekretaris-generaal van die SAKP, sê die president het nou aanvaar dat hy aangekla moet word en hulle vertrou dat die NVG hul werk sal doen.

Die NVG is aangeval oor sy skynbare traagheid om die Guptas te vervolg. Daar is ‘n oproep gedoen op ‘n anti-staatskaping optog op 27 September.

Waarnemers beskou die SAKP se eise as “te min te laat” nadat die kommuniste deurentyd Zuma se rug toegemaak en beskerm het. Dit wys datt verhoudinge erg versuur het dat hulle hom nou wil vervolg en vir die wolwe gooi.

Blade Nzimande, grootbaas van die SAKP, dien as minister in Zuma se kabinet en daar word verwag dat hy binnekort uitgeskommel kan word as Zuma tog sy kabinet moet herrangskik om vir Nkosazana Dlamini-Zuma ‘n ministerspos te gee.


Enjoyed this post? Share it!