SA se dubbele standaarde: Vrou se oë uitgekerf – man moeg oor saak wat sloer

Frans Maela (28) en Alfred Hlongwane (45) het Vrydag vlugtig in die Polokwane landdroshof verskyn weens die moord op Tanya Wiers (44), waar die saak weer uitgestel is.

“Dit maak my moeg dat die saak so sloer,” het Rolf Wiers, Tanya se man, gesê.

Sy vrou is op Woensdag 7 Februarie helder oordag in die gesin se huis in Eduanpark oorval nadat sy van die winkel afgekom het.

Sy is minstens 21 keer, eers met ’n skêr en toe met n steakmes, gesteek. Haar oë is uitgekerf.

Rolf jr. (16) het na skool op sy ma se halfnaakte en bebloede lyk afgekom.

Haar trouring, Rolf se trouring wat sy gedra het nadat dit vir hom te klein geraak het, n armband met 18 diamante, ’n selfoon en ’n tabletrekenaar is geroof.

Maela, wat as tuinier vir die Wiers se bure gewerk het, is dieselfe dag in hegtenis geneem. Van die gesteelde goedere is glo in sy besit gevind.

Hlongwane, die Wiers se tuinier, is eers weke later in hegtenis geneem toe Maela tydens sy borgaansoek
beweer het dat Hlongwane Wiers vermoor het.

Rolf en sy drie kinders, Rolf, Bianca (18) en Karla (12) het na die moord uit die huis getrek.
Tanya is in Karla se kamer doodgemaak.

Landdros Janine Ungerer het vroeër vanjaar borgtog aan Maela en Hlongwane geweier.  Hulle moet op 9 November 2017 weer in die Polokwane-landdroshof verskyn.


Enjoyed this post? Share it!