SA Val Uitmekaar maar Ryk Elites verkies om Geld, Tyd, Hoftyd en Media Spasie aan “Politieke Korrekheid” te mors.

Terwyl gewone mense met drastiese beurtkrag; kapings; moord; polisie lede wat self ernstige misdaad pleeg;  gruwel verkragtings en moord van oumense; plaasmoorde (Volksmoord volgens Genocide Watch); hospitale wat ‘n doodsvonnis is waar mensebloed en riool op die ope grond uitloop en sonder belangrikke medisyne of selfs beddens sit; terwyl die getal armes in plakkers kampe meer en meer raak; en die Rand raak swakker, met meer as ‘n hondeerde rassistiese wette om witmense uit die Werkplek, Universiteite en Staatsdiens te hou; en witmense slegs swart babas kan aaneem…

Wonder ons of die mense met geld, tyd, kennis, vernuf, invloed, kennisse, talent, bates en werk en salarisse en mediese fondse, ens., wat blykbaar altyd die morele hoe grond beklee, nou uituindelik die kans gaan kry om die land te red met al hul kennis en geld en invloed?

Wel, die tweede rykste man in die land, Christo Wiese sê:

“Eskom maak baie Suid-Afrikaners wat nié rassiste is nie, rassisties. Sodra die beurtkrag inskop dink jy net daai….” (Oops, stadig, oppas die denk polisie kan dié lees).

NEE, vir baie van hulle is gevoelens meer belangrikker as fisiese pyn, verkragting en moord, self belangrikker as die land self.

Hulle wag en soek om enige nuance van moontlike haatspraak te vang.

NEE, dié elite rykmense wat blykbaar beter weet en nie deel van die afskuwelikke Suid Afrika is nie, het ’n Hofsaak oor rassisme, haatspraak en die ontkenning van apartheid, begin voorberei teen die aktivis, Dan Roodt, en die sangers Steve Hofmeyr en Sunette Bridges (BoerVrouLiga) om aanstaande jaar in die gelykheidshof te dien.

‘n Aantal mede-aansoekers se aanklagte word tans deur die prokureur, Tracey Lomax, geformuleer insake seksisme, homofobie en aanstigting tot geweld.

Die land brand maar hulle fynkam sosiale media vir enige kans van moontlikke haatspraak.

‘n Dossier word aldus Lomax saamgestel oor “enige aanlyn-publikasie van hulle, hetsy dit in die vorm van ‘n blogpos, twiet of ‘n Facebook-pos is, of enigiets wat hulle in die openbaar kwytgeraak het.”

Die Rooi Oktober-inisiatief van Sunette Bridges is onder meer onder skoot omdat dit gerig is op die bewusmaking van die onmenslike slagting en onderdrukking van die blanke minderheid in Suid-Afrika. ‘n Blanke volksmoord deur swartes sou voorts op hande wees, aldus die inisiatief. 

Die klaers beoog om dit teen te staan omdat dit volgens hulle gewoon nie waar is nie, ongegrond is en neerkom op haatspraak.

Een van die groot aksies wat tans via die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie teen Bridges gevoer word, is dat sy die rasgemotiveerde reaksies/kommentare op haar Facebook-blad en ander elektroniese blaaie sou gefasiliteer en gekondoneer het.  Sy sou glo ook in gebreke gebly het om op te tree of om die gewraakte opmerking deur haar ondersteuners en aanhangers te verwyder.

Sunette se reaksie op haar blad is as volgs:

“In die hofstukke wat ek ontvang het is daar skermskote van die kamma-“haatspraat” wat deur mense op my blad geplaas is, dus kan ek die name sien van die mense vir wie se kommentaar ek verantwoordelik gehou word. Dis so 300 name…

As jou naam op daardie lys is, gaan jy saam met my hof toe? Sx”

Sy het onmiddelik heel klomp dood gewone mense gekry wat beried is om saam te gaan hof toe.

1610825_758790524189884_7975579022358718238_n

 

Roodt van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag)  is ook in die klaers se visier.

0000216790-600x400

 

Enjoyed this post? Share it!