SAA soek geld sonder waarborge daarvoor

As iemand geld beskikbaar het, kan hulle dit belê by SA Lugdiens, deesdae bekend as SAA.

SAA is egter baie uitsoekerig oor wie se belegging hy wil hê: entiteite wat 51% swart eienaarskap het, waarin vroue ‘n groot rol speel en as ou militêre veterane (voormalige terroriste-eenhede) daarby betrek is, soveel te beter. Mense wat wil tender om aan SAA geld te leen, kan hulle nota in die tenderkassie by die lughawe se hoofingang plaas!

SAA het die naweek in die sake-deel van die Sunday Times ‘n advertensie geplaas waarin hy vra vir lenings van R16 miljard, vir ‘n tydperk van tussen drie en 15 jaar, en dit sal gesekureerde en ongesekureerde lenings wees.

Dit beteken dat instansies wat aan SAA geld wil uitleen, dalk nie eens behoorlike sekuriteit daarvoor gaan ontvang nie.

SAA sukkel al lank om kop bo water te hou, hoofsaaklik weens politieke ry wat vereis dat “affirmative action”-kandidate die bestuur moet hanteer, in plaas van bekwame mense. Daar is al aan die hand gedoen om SAA weg te gee, omdat hy in elk geval niks meer werd is nie.

Tot dusver het die regering al byna R15 miljard se belastinggeld in SAA gepomp in ‘n poging om hom in die lug te hou. Skynbaar was dit maar net die helfte van die probleem.

Skynbaar is die minister van finansies, Pravin Gordhan, nie lus om nog geld in SAA te pomp nie. Sedert die kabinet verlede week Jacob Zuma die hoof van al die regeringsondernemings gemaak het, sal hy dus moontlik vir Gordhan dwing om net geld in dié bodemlose put te gooi.

bron: Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!