SABC-Joernaliste Saak in arbeidshof uitgestel

Die saak teen vier senior SABC-joernaliste is in die arbeidshof in Johannesburg uitgestel nadat die uitsaaier om uitstel gevra het.

Die saak sal nou Vrydag om 12:30 aangehoor word.

Regter Robert Lagrange van die arbeidshof het die SABC ‘n skrobbering gegee toe daar vir uitstel in die geding gevra is.

Die korporasie se regspan was glo heeltemal onvoorbereid gewees.

Drie van die joernaliste, Foeta Krige, Suna Venter en Jacques Steenkamp was vandag by die hof. Die vierde joernalis, Krivani Pillay, is siek en kon nie die verrigtinge bywoon nie.

Die vakbond, Solidariteit, tree namens hierdie vier joernaliste op.

Vier ander joernaliste is ook vandeesweek deur die uitsaaier in die pad gesteek, en daar word verwag dat hulle kollegas se saak in die arbeidshof ‘n presedent vir hulle eie regstryd kan skep.

Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!