SABC staak oor lone – sekere dienste word nie gelewer soos RSG se verkeersverlae

Die staking by die SABC het reeds daartoe gelei dat sekere dienste nie meer gelewer kan word nie.

Op die Afrikaanse radiodiens, RSG, kon verkeersverslae reeds nie meer uitgesaai word nie omdat die oggend aktualiteitsprogram met minder mense moes klaarkom as gevolg van die staking.

SABC personeel se vakbonde het gedreig dat daar geen dekking sal wees van die ANC se beleidskonferensie vanaf die naweek nie.

Die personeel eis 10% verhoging, maar die SAUK is slegs bereid om 4,5% verhoging toe te staan, terwyl die bestuur hulleself verryk met enorme bonusse of goue handdrukke as hulle die trekpas kry weens wanbestuur.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!