Sakesektor se kommer verdiep – dit blyk of die ekonomie net aan hou met val !!

Die vertroue in die ekonomie van SA is besig om weekliks te verswak en in wantroue om te skakel.

Na die afgradering verlede week deur Moody’s van Suid-Afrika se buitelandse en binnelandse skuld tot net duskant rommelstatus, en die daaropvolgende afgradering van vyf plaaslike banke en sommige staatsentiteite, het die volgende skok die sektor getref met die krediet afgradering van Eskom, Sasol, MTN en Acsa (die lughawe maatskappy van SA).

Ekonome begin al praat daarvan dat Suid-Afrika se ekonomie in ‘n “vryval” is en dat daar nie meer beheer oor is nie.


Enjoyed this post? Share it!