SAKP betoog voor SABC

Die ANC het sy eie waardes laat geld deur standpunt in te neem teen die SABC.

So het Solly Mapaila, tweede adjunkhoofsekretaris van die SAKP, Dinsdag gesê by die betoging voor Radiopark in Auckland Park, Johannesburg, waaraan merendeels SAKP-lede deelgeneem het.

Hulle het betoog teen die SABC se mediabeleid en om hul solidariteit met die geskorste werknemers te toon.

 Foeta Krige en Suna Venter, wat saam met Thandeka Gqubule geskors is, was ook by die betoging waar daar sowat 100 mense was.

Mapaila het gesê hulle voel Hlaudi Motsoeneng is nie die regte persoon vir sy posisie nie. Net so wil hulle hê die SABC-raad moet ontbind word.

Henleystraat in Auckland Park is Woensdag deur die metropolisie afgesper vir die betoging voor Radiopark.

Bron: Netwerk24


 

Enjoyed this post? Share it!