Sal die bedangking van Zille die ANC gelukkig maak … heelmoontlik !!

Die DA se voormalige leier en premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, is geskors uit die party oor sosiale media opmerkings wat sy in Maart oor kolonialisme geplaas het en wat nie goed afgegaan het by haar swart partygenote en die nuwe baas van die party nie.

Haar skorsing sal duur tot haar dissiplinêre verhoor afgehandel is.

Skynbaar het die oorgrote meerderheid van die DA se federale raad hulle agter die leier, Mmusi Maimane, geskaar en besluit om hulle voormalige leier te skors uit alle party aktiwiteite. Die party se bestuur sê dat sy moet besef dat die demokrasie in SA breekbaar is en sy haar moet weerhou van uitlatings oor die verlede.

Sy het intussen gesê dat sy die slagoffer is van ‘n georkestreerde veldtog om haar as premier van die Wes-Kaap te verwyder. Die ANC eis al lank dat sy vervang moet word, en sou die DA haar wel skuldig bevind en haar verwyder, sal hulle reg in die ANC se hande speel.


Enjoyed this post? Share it!