Salarisverhoging vir Zuma goedgekeur

Nklandla

Dit sal werklik goed wees indien die persoon wat Staatspresident Jacob Zuma se toesprake vir hom skryf, hom ook help om dit te verstaan.

Ten spyte van sy waarskuwings oor besparing, is die verhoging van sy salaris na R2,8 miljoen goedgekeur.

Dit is hoeveel begrotingsbeloftes van staatsbesnoeing en koste-besparingsplanne beteken.

Daar is in die parlement geskimp dat Zuma die Gupta’s moet vra vir ‘n verhoging aangesien hy in diens van die familie staan.

Sy verhoging is met 172 teen 81 stemme goedgekeur.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!