Sappige oondgebakte primarib

Sappige oondgebakte primarib

Sappige oondgebakte primarib

Genoeg vir 4-5 mense (en oorskiet)
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: sowat 1½-2 uur
2,5 kg primarib
sout en vars gemaalde swartpeper
80 ml (¹⁄³ k) droë Marokkaanse vleisvryfmengsel
60 ml (¼ k) olyfolie
3 middelslag-uie, in kwarte gesny
6 aartappels, geskil en in kwarte gesny
3 knoffelhuisies, geskil
sap en skil van een suurlemoen
Voorverhit die oond tot 160 °C.
1. Geur die vleisstuk met sout en peper.
2. Meng die Marokkaanse vleisvryfmengsel met die helfte van die olyfolie. Vryf die mengsel met jou hande goed by die vleis in.
3. Plaas die vleisstuk in ’n groot, gesmeerde oondbak en oondbraai 40 minute.
4. Voeg die voorbereide uie, aartappels en knoffelhuisies by.
5. Geur die vleis met die sap en skil van die suurlemoen en bedruip die vleis en groente met die orige olyfolie. Oondbraai nog 40-50 minute of tot net gaar, maar steeds pienk van binne.
6. Laat staan 10 minute voor dit gesny word.
7. Sit die vleis en groente saam met gebraaide kersietamaties voor.
Deur Huisgenoot Digitaal op Mei 22, 2015

Enjoyed this post? Share it!